Paralimpiese Somerspele 2016

XVe Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 2016

Gehou in Rio de Janeiro, Brasilië
Deelnemende lande 159
Deelnemende atlete 4 342
Items 528 in 22 sporte
Openingseremonie 7 September 2016
Sluitingseremonie 18 September 2016
Amptelik geopen deur President Michel Temer
Atlete-eed Phelipe Rodrigues
Beampte-eed Raquel Daffre
Olimpiese vlam Clodoaldo Silva
Vorige Spele 2012: Londen (VK)
Volgende Spele 2020: Tokio (Japan)

Die Paralimpiese Somerspele 2016 (Portugees: Jogos Paralímpicos de Verão de 2016) is tussen 7 en 18 September 2016 in Rio de Janeiro, Brasilië, aangebied. Tydens die geleentheid het 4 342 atlete uit 159 nasies aan 528 items in 22 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1] Dit was die 15de Paralimpiese Somerspele wat aangebied is asook die eerste in Latyns- en Suid-Amerika.

Die Maracanã-stadion in Rio de Janeiro

Die opening- en sluitingseremonies het in die Maracanã-stadion plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer Brasilië die laaste. Zanele Situ het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.[2]

Die Olimpiese Somerspele 2016 is tussen 5 Julie en 21 Augustus in Rio de Janeiro gehou.

  1. "IPC Historical Results Archive" (in Engels). Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Maart 2018. Besoek op 22 Januarie 2018.
  2. "Zanele Situ flies the flag for Team SA again as she brings home javelin bronze" (in Engels). 14 September 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 19 September 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search